Standvastige moedigheid te midde van die stryd

Vanaf Proregno.com: “Luister gerus na hierdie twee preke, eintlik een preek wat twee keer gepreek is by verskillende geleenthede. Die eerste geleentheid is die basiese boodskap, gelewer by PRTS (20min.), en die tweede, ‘n langer boodskap (50min., vanaf 4.30min), by ‘n konferensie ‘n jaar later, waarin die prediker verduidelik oor die impak van sy preek, en nou gee hy nog belangrike inhoud en toepassings, veral vanaf die 27ste minuut: veral van toepassing op ouer- en gesinsreformasie, kerkreformasie, (beoefening van genademiddele, betrokke by gemeente), verwerping van individualisme, ens.

Mag hierdie oproepende tweesnydende swaard evangelie verkondiging ons almal bemoedig, maar ook oproep tot die goeie stryd van die geloof, vir ouers, vir kerkrade, ampsdraers, predikante, teoloë, vir elke gelowige op elke lewensterrein om Christus die Gekruisigde, Christus die Koning te proklameer, tydig en ontydig (2 Tim. 4:1-5), ook midde ons eie tye en omstandighede.”