Ierse onderwyser in tronk oor hy geslagsverwarring teenstaan

Enoch Burke het geweier om ‘n manlike student as vroulik aan te spreek en het die skool se beleid oor transgeslagtigheid aangevat. Die skool het Burke toe geskors en het ook ‘n hofbevel teen hom gekry sodat hy die skoolgronde nie kon betree nie. Burke het die hofbevel geïgnoreer wat veroorsaak het dat hy tans in ‘n tronk in Dublin sit.