CNN se propagandis Leana Wen verander deuntjie oor maskers

‘n Jaar gelede was dit maskers voor en maskers agter – nou skryf sy dat dit haar eie kleuter se taal ontwikkeling belemmer het. Leana Wen was nie net ‘n sterk stem vir maskers nie, maar ook vir inentingsmandate – volgens haar moes die oningeëntes nie toegelaat word om hul huise te verlaat nie. In die “woke” gees van die tyd moes hulle lewens gekanselleer word. Nou wil sy nie dat haar eie kinders maskers dra nie en ironies genoeg, is Wen nou die teiken om self gekanselleer te word weens hierdie uitsprake. Die onregmatigheidsmonster wat sy aanhou voer het, het groter geword, is steeds honger en wil haar ook nou opvreet. Die wêreld se waarheid is duidelik nie objektief bewysbaar of betroubaar nie. Hier is ‘n meer betroubare Woord:

Wie ‘n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat ‘n klip rol, dit sal na hom terugkom.” (Spreuke 26:27)

En hulle het Haman opgehang aan die galg wat hy vir Mórdegai opgerig het.” (Ester 7:10)