Die Woord wat baie vas is

2 Petrus 1: “…Petrus vertel dat hy ooggetuie was van die verheerliking van Christus (v. 16). Hy het met sy eie oë die verheerliking gesien (vv. 16-17). Hy het met sy eie ore die stem uit die wolk hoor sê: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het” (v. 17). Petrus was ‘n geloofwaardige getuie wat die heerlikheid van Christus vir nagenoeg dertig jaar verkondig het en gewillig was om sy lewe vir sy geloof af te lê (vv. 13-15)….

…Maar Petrus skryf ook: “ons het die profetiese woord wat baie vas is” (v. 19). Petrus se ooggetuienis is waar en vas, maar daar is ‘n ander getuienis wat selfs meer vas is, naamlik die “profetiese woord” (v. 19) of “die Skrif” (v. 20); in besonder die Ou Testament wat, in hierdie konteks, die heerlikheid van Christus en sy tweede koms profeteer.

…As die Skrif (en boonop die Ou Testament) dan baie vas is teenoor die werklike belewenis van die aanskoue van die verheerliking van Christus, in die teenwoordigheid van Elia en Moses, en die aanhoor van die stem van God uit die hemel, dan kan die Skrif in met alle vertroue beskou word as vaster as enigiets anders. God se Woord is dus absoluut betroubaar en waar….”. Lees volle artikel hier>

En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 
‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte.
(2 Petrus 1:19)