Fauci bedank

Anthony Fauci het aangekondig dat hy hierdie Desember wil bedank. Fauci het verskeie regeringsampte beklee – die laaste 38 jaar as hoof van die NIAID. Fauci het ‘n groot invloed gehad op die wêreldwye COVID benadering. Objektiewe inligting is onder sy leiding op vele fronte onderdruk en tot as vals uitgemaak, terwyl die teenoorgestelde dikwels waar was.

Op 5 Februarie 2020 het Fauci teen die gebruik van maskers geadviseer. Fauci het daarna gereeld van deuntjie verander. Die objektiewe bewyse rondom maskers het egter nog nooit verander nie – die subjektiewe vrees wat maskers skep en deur politici gebruik word om mediese dwang en onregmatige regeringsbeheer te bewerkstellig was egter van groter belang.

Die COVID inentings is ook eers voorgehou as basies 100% effektief en heeltemal veilig – niemand wat ingeënt is sou glo eers siek word met COVID nie. Tyd het ons egter geleer dat dit absoluut vals is – nie net kry almal COVID nie, die ingeëntes sterf ook selfs. Ons praat nog nie eers van die skade en sterftes weens die drakoniese en oneffektiewe inperkings nie, asook die miljoene gevalle van inentings newe-effekte.

Fauci het waarlik baie om voor te antwoord en, wie weet, dalk gaan hy nog in die nabye toekoms daarvoor moet boet. Daar word vermoed dat die tussentydse verkiesing in die VSA moontlik ‘n republikeinse meerderheid kan verkry (Nov/Des). Daar word dus gespekuleer dat Fauci nou eerder wil bedank, om so ‘n republikeinse ondersoek teen hom vry te spring.