Wette teen bekering

Vele lande reg oor die wêreld het in die laaste 5 jaar onregmatige wette ingestel, teen sogenaamde “conversion therapy” – dit is nou wat hul beskryf as LGBTQ bekeringsterapie, of omskakelingsterapie. Ingesluit in hierdie wette word prediking, berading en gebed gesien as die skadelike behandeling van sodomiete en transgender persone om eerder hul te bekeer en dus heteroseksueel volgens hul geboorte geslag te lewe.

In die staat Victoria, Australië, het hierdie wetgewing op 17 Februarie 2022 in werking gekom. Die wet verbied ook gebed saam met ‘n persoon, wat byvoorbeeld verward is oor hul geslag (sien 5.3.b). Dit laat predikante en ook ouers hulpeloos en in gevaar van geloofsvervolging en ook tronkstraf – bv. ouers mag dit nie teenstaan indien hul minderjarige kinders sou besluit om hul geslag te verander nie. Indien skuldig bevind kan o.a. tronkstraf van tot en met 10 jaar opgelê word. Dieselfde of verwante wetgewing word tans oorweeg in Wes-Australië en ook in Tasmanië. Soortgelyke wetgewing is reeds in Kanada sedert 8 Desember 2021 in werking. Onder is ‘n kaart wat hierdie wette oor die wêreld uitbeeld:

wikipedia.org – andersins nie ‘n objektiewe en betroubare bron nie

Romeine 1:22-32: “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer —hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.

Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,mense wat — al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien — dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.