Suid-Afrika erken eerste COVID inentings sterfte

Volgens Reuters.com het SAHPRA die direkte verbintenis tussen die Johnson & Johnson inenting en die sterfte gemaak. Soos met vele van hierdie inentings, het die persoon simptome van Guillain-Barre sindroom getoon kort na die inenting – die persoon is toe op ‘n ventilator gesit en het daarna gesterf.

Lande soos Denemarke het reeds laas jaar die gebruik van Johnson & Johnson en Astra Zeneca inentings gestop weens die risiko van bloedklonte. Reg oor die wêreld is daar sterftes en newe effekte, ook met die Pfizer inentings.

Dit is ook baie moeilik vir die publiek om newe effekte en sterftes na inenting te rapporteer. In Suid-Afrika is die SAVAERS platform as private inisiatief gestig om die publiek ‘n toeganklike platform te bied. Volgens hierdie platform was daar nie net een nie, maar reeds 79 sterftes na die C19 inentings. VAERS staan vir “Vaccine Adverse Event Reporting System”. Daar is ook die internasionale openvaers.com webwerf wat meer inligting vervat uit verskeie lande en vir alle tipes inentings. Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie vrywillige platforms soos openvaers die offisiële data van die CDC gebruik, maar na raming steeds maar net omtrent 1% van die werklikheid verteenwoordig. Dus is daar baie onder rapportering! Hier is die grafiek wat hierdie gevalle vanaf 1990 tot 2022 toon: