Hoe om die evangelie met vreemdelinge te deel

Soos na verwys in die Waarheid Woensdag onderwerp, “Wat is die Evangelie” deel ons graag 2 videos van Ray Comfort.

Daar is nie goeie nuus voor ons die slegte nuus werklik besef nie. Die slegte nuus is dat ons sondaars is wat die ewige oordeel van ‘n regverdige en heilige God verdien. Deur die wet besef ons die absolute heiligheid van God en ons eie sonde. Deur genade, bewerk die Heilige Gees ‘n diepe berou, ‘n deeglike besef van ons sonde. As sondaars is ons nie net hopeloos nie, maar ook hulpeloos, in onsself. Dus moet ons kyk na Iemand buite onsself – die Here Jesus Christus, ons Plaasvervanger. Ons is waarlik sondaars, in daad, en in ons gevalle natuur. Dan kom die goeie nuus (evangelie): “…dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte: en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte….” (1 Kor 15:3-4).

Onder is twee videos wat as voorbeelde en illustrasies dien van hoe om die evangelie te deel (in ware liefde) met vreemdelinge. Kyk hier en hier.