Ongeruimdhede rondom COVID en COVID inspuitings begin al hoe meer openbaar word

Biznews.com rapporteer hoe Biden en die groot farmaseutiese maatskappye slinkse planne gemaak het om versterker inspuitings (boosters) goed te keur.

In Suid-Afrika staar die groot maatskappye wat inspuitings afgedwing het ook al hoe meer probleme in die gesig. Brian Pottinger skryf hoe die regering groot besighede basies omgekoop het om namens die regering hierdie eksperimentele inspuitings onwettiglik af te dwing – met die belofte dat die afdwing die ramptoestand gouer sal beeïndig.