Die beweerde bekering van Riaan Swiegelaar

Kyk hier of luister hier na die bespreking deur Radio Scriptura.

“Scriptura bespreek die bekering van satanis en medestigter van die sataniese kerk in Suid-Afrika, Riaan Swiegelaar. Kyk hier of luister hier. In ‘n publieke onderhoud het hy sy onlangse bekering onthul, maar toon geen sondebesef nie, gee geen eer aan Jesus Christus nie, en het geen planne om weg te draai van sy sondige lewe en godslasterlike sataniese praktyke nie. Hy verkondig ‘n vreemde jesus en ‘n soort “liefde” waarvan die Bybel nie leer nie. Die waarheid is: die Skrif alleen gee ‘n ware perspektief op alles in die lewe, en in alle ware christene se lewe geniet die Woord van God heel hoogste prioriteit, en dra dit ook die hoogste gesag. Jesus Christus staan absoluut sentraal in ware christene se lewens, en God alleen is al wat ons nodig het tot die ewige lewe.

00:00 Perspektief Julie 2022: Riaan Swiegelaar se bekering
01:48 Wie is Riaan Swiegelaar?
11:15 New Age onder die vaandel van Satanisme
16:40 Post modernistiese satanisme
19:20 Die nuwe slagspreuk is “liefde”
25:45 Waar is Christus in sy bekering?
29:00 Wie is hierdie jesus?
32:30 Wat sê die Woord oor bekering?
35:30 Die Here red ons tot lede van Sy kerk
40:05 Wat is Bybelse christenskap?
45:07 Jesus Christus is te vinde in Sy woord en deur die Heilige Gees
46:00 Christene is volledig in Christus – ons kom niks kort nie

Skrifverwysings:
Open 1, Hand 16, Heb 1, 1 Kor 12, Jes 6, Hand 19, Matt 5, Kol 2, 2 Tim 3:16-17, 2 Pet 1:19-21

Aanbieders: Jonker Venter, Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jan-Louis Lee, Jaco de Beer”

scriptura.co.za (https://www.scriptura.co.za/)

Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.” (2 Kor 11:3-4)

“En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.” (Jud 1:22-23)