Elektriese polisievoertuie se batterye raak pap

Omgewingsvriendelike polisievoertuie wat in Engeland en Wallis gebruik word sukkel om op noodgevalle te reageer – die blou ligte en sirenes tap te veel battery krag. Die voertuie sukkel ook om laaipunte te kry op die platteland. Die Britse polisiemag het onderneem om 100% elektries te wees teen 2030.