Een manier hoe geslagsverwarring die kerk binnetree en genormaliseer word

Daar is ‘n bedrieglike herdefiniëring van terme en ook die verandering van betekenis en woordeskat – om dit wat voorheen verwerplik was meer aanvaarbaar te maak. ‘n Voorbeeld van so ‘n nuwe term is “same sex attraction“, alhoewel die Bybel nie hierdie woorde gebruik nie.

Die term “same sex attraction” is ‘n poging om dit wat teen die natuurlike orde is te herdefinieer om dit op dieselfde vlak as ander sondes te plaas. As dit eers so aanvaar word, dan is die deur oop vir verdere veranderings en vir die aanvaarding van dit wat voorheen verwerplik was.

Dit is asof hulle probeer sê – “jy sukkel met die aantrekking vir die teenoorgestelde geslag; ek sukkel met dieselfde ding maar net met dieselfde geslag. God het jou gemaak dat jy op een manier sukkel, en Hy het my gemaak dat ek maar net anders sukkel met dieselfde ding – die twee sondes is maar eintlik dieselfde.”

Maar dit is duidelik uit die Skrif dat God die mens op ‘n sekere manier geskape het; die vrou vir die man (“Adam en Eve, nie Adam en Steve nie”). Daar is in die algemeen ‘n Godgegewe natuurlike aantrekking tussen teenoorgestelde geslagte. Dit is hoe God ons gemaak het, maar weens die sondeval kan hierdie natuurlike aantrekking ook tot sonde buite die Godgegewe raamwerk van die huwelik lei – dit is dan werklik sonde, maar dit is nie teen die natuurlike orde nie. Alle sondes verdoem maar alle sondes is egter nie ewe afskuwelik nie:

So hoe kom hierdie herdefiniëring en normalisering van sondes binne in die kerk in?

Een manier word beskryf as ‘n “LGBTQ+ Oudit.”

Lees Banner of Truth se bespreking hieroor om dit beter te verstaan.