Nee, dit is nie geforseerde swangerskap nie

Progressiewe denkers (liberaliste) hou daarvan om taal en definisies te misbruik en te verander – deur hul misleidende en verbloemende taal bevorder hulle goddelose idees en beleide wat die samelewing andersins as verwerplik sou sien. Hoe meer vervalle en verwronge die idee, hoe meer moet hulle stof in ons oë skop deur valse aannames, valse assosiasies en bedrieglike definisies. Na die Roe V Wade ommekeer is daar nou juis so ‘n nuwe bedrieglike term wat al hoe meer gebruik word – “geforseerde swangerskap”.

Ben Davis van Caldron Pool (caldronpool.com) takel hierdie bedrieglike term en verwante kwessies hier.