Jy mag maar vir jouself dink

‘n Valse konsensus word in wetenskap gedryf – waar die volgende navorsingstoelaag ‘n groot invloed op jou studie se gevolgtrekking het. ‘n Daaropvolgende studie verwys dan akademies en offisieel na die vorige studie sonder dat die oorspronklike aannames betwyfel word. Praktiese voorbeelde hiervan word goed uitgewys deur Panda (pandata.org).

Onderliggend tot hierdie pseudowetenskaplike proses is nie net oneerlikheid nie, maar ook Hegel se dialektiese proses. Dit word kortliks verduidelik hier, en in meer detail hier.

Die Skrif leer ons egter om vir onsself te dink – ook om aannames met ‘n gesonde verstand te betwyfel en ‘n saak deeglik te oorweeg (Rom 12:2; 1 Joh 4:1; Hand 17:11; 1 Kor 4:6; 1 Kor 14:29; Deut 18:20- 22; Deut 13:1-4; Spr 10:21; Spr 14:15).