Roe v Wade ommekeer

Prys die Here! VSA: Die Roe V Wade beslissing, wat baba moord op federale vlak in 1973 “gewettig” het, is omgekeer. Die hartseer is dat dit 63 miljoen sjirurgiese baba-moorde te laat is – vir ‘n wet wat nooit moes wees en nou as ongeldig verklaar is.

Dit beteken nie dat aborsies in die hele VSA onwettig is nie, maar eerder dat elke Amerikaanse staat sal moet besluit en volgens hul eie wette verantwoordelik is om reg te laat geskied. Vele konserwatiewe/christelik-neigende state het reeds aborsies op een of ander manier verban. Die verwagting is dat die liberale, onchristelik-neigende state nog erger sal word, terwyl state met ‘n christelike gewete dit nog strenger sal verbied.

Daar word egter ook tereg gevra – hoe kon so baie Amerikaners, wat hulself as Christene identifiseer, hierdie onchristelike wet as sekondêr beskou? Die Here se wet is nie vandag geldig en more ongeldig nie – dit bly vir ewig; dit is nie soos korrupte landswette nie. Publieke figure soos Tim Keller het, soos baie ander “Big Eva” leiers, niks behalwe afgewaterde en verwarrende kompromieë oor aborsies voorgehou – deur selfs te sê dat dit reg is om vir pro-aborsioniste te stem. Dit is amper 50 jaar wat babas na willekeur vermoor was – nou bevind die federale regering dat die 1973 beslissing nooit geldig was nie. Hoe kan ons regeringsgesag met Goddelike gesag verwar?