COVID-19 inentingsveiligheid en die opkoms van Skielike Dood Sindroom

Die regte naam is eerder Skielike Aritmie Dood Sindroom (SADS), maar die hoofstroom media wil eerder die woord “aritmie” verbloem en noem dit dus eerder Sudden Adult Death Syndrome. Vele westerse lande beleef tans hierdie verskynsel. In Australië rapporteer die oud parlementslid George Christensen dat al die gevalle slegs voorkom onder mense wat die COVID-19 inentings ontvang het – maar volgens die hoofstroom media is dit natuurlik alles behalwe die gevolg van die eksperimentele inentings. Soos America’s Frontline Doctors (AFLDS) dit stel: “Hierdie mense dink ons is regtig dom”.