‘n Jaar na arrestasie – nou preek Tim Stephens by polisielid se begrafnis

Wonderlike genade en voorsienigheid: laas jaar was Tim Stephens deur die polisie gearresteer en in die tronk gegooi oor hy die aan die Kanadese regering se inperkings ongehoorsaam was – omdat hy steeds saam met sy gemeente vergader het. In die middel van hierdie moeilike tyd het hy ‘n polisielid ontmoet wat daarna juis by die gemeente aangesluit het. Die polisielid is onlangs oorlede en Tim Stephens kon die evangelie verkondig aan ‘n hele aantal polisielede – die wat hom gearresteer het! Dit herinner aan die vers aangaande Josef: “Want julle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om ‘n groot volk in die lewe te hou” (Gen 50:20). Die Here beheer alle dinge.