Studente moet “wit voorreg” erken en bely voor hulle by Universiteit se zoom vergadering kan aansluit

Nog ‘n praktiese uitvloeisel van kritiese rasteorie – studente van George Brown College in Toronto (Kanada) moes ‘n ekstra boksie afmerk voor hulle by ‘n sekere aanlyn vergadering toegelaat is. Die boksie behels dat die studente erken dat hulle deur wit voorreg bevoordeel is en dat hulle dekolonisasie sal bevorder.