Mennoniete kerk van VSA gee in oor die huwelik

Die Mennoniete kerk (vernoem na Menno Simons) is afkomstig van die historiese ana-baptistiese groepe, net soos die amish, hutteriete, morawiese broederkerk en die broederkerk. Riglyne vir lidmate, wat 20 jaar in plek was, het predikante verbied om selfdegeslag huwelike te offisieer. Maar nou is hierdie riglyne uitgestem. Die meeste mennoniete gemeentes is in die VSA en Kanada.

Die algemene persepsie is moontlik dat die denominasie baie streng en ietwat behoudend is – maar 82.8% van afgevaardigdes het onlangs teen die vorige anti-sodomie riglyne gestem. Na hierdie besluit het 55.7% ook ‘n nuwe resolusie aanvaar waar die “gawes” van sodomiete bevestig word en verdere aksies van insluiting bevorder word.

In die VSA is daar ongeveer 530 gemeentes. In 2021 het die denominasie reeds aan die Black Lives Matter agenda deelgeneem en het ook ‘n nuwe kritiese rasteorie kurrikulum vir gemeentes van stapel gestuur – “Defund the Police? – An Abolition Curriculum“. In 2018 was daar reeds streeksrade wat van die denominasie onttrek het. Vir meer inligting en verwysings lees die berig hier.