Voedselpryse verhoog

Die styging in brandstofpryse moet deurvloei na ander verbruikersprodukte. Baie huishoudings begin die druk voel, maar dit is moontlik nog net die begin. Businesstech rapporteer dat olies soos sonneblomolie reeds 9.5% in Suid-Afrika verhoog het. In die res van die wêreld is dit reeds 45% duurder as ‘n jaar gelede. Sekere winkels begin om die aantal eenhede kookolie wat mens kan koop beperk.