WGO se pandemie verdrag beleef ‘n terugslag

Die voorgestelde verdrag is vol probleme en sou die soewereiniteit van nasies ondermyn. Dit sou gevolglik tot ernstige onregmatigheid, magsvergryp en verdere tirannie kon lei – die mag van lande sou aan die WGO gegee word sonder dat die WGO natuurlik demokraties verkies is. Dit is presies wat die WEF en ander globaliste graag wil hê.

Na druk van baie Afrika en ander lande moes die WGO egter heroorweeg. Brasilië het aangedui dat hulle totaal en al van die WGO sal onttrek, eerder as om aan die nuwe reëls onderhewig te wees. Die WGO het egter nie opgegee nie, maar het net weer die klem na ‘n nuwe komitee verskuif op ‘n toekomstige vergadering in 2024. Baie lande het, soos Australië, slinkse planne beraam om die demokratiese prosesse te omseil. Lees ook verder hier.