Bybelse Onderrrig en die BELA Bill

God gee die verantwoordelikheid aan die ouers om hulle kinders te onderrig (en te laat onderrig) – Efe. 6:4. Die regering het in beginsel geen reg om die onderrig van kinders te bestuur, organiseer of te reël nie. Die regering se taak is om kwaaddoeners te straf (Rom. 13:4). Ons sit ongelukkig nou in die situasie waar die regering onderrig en ander sfere toegeeien het as hulle verantwoordelikheid, en selfs die verantwoordelikheid deur die bevolking gegee is.

Die regering moet daarop gewys word dat hulle nie eintlik mag inmeng in die onderrig van kinders nie. Die gevolg van ‘n bybelse siening oor onderrig sal beteken dat gelowiges sover as moontlik die regering sal beperk in hulle inmenging in die onderrig van kinders, en ideaal selfs hulle inmenging totaal en al sal verwyder.

Die regering se taak is om kwaaddoen-ouers te straf wat hulle kinders onbybelse waarhede leer of hulle kinders fisies kwaad aandoen. Ouers kan nie gestraf word op grond van die vlak of intensiteit van onderrig wat hulle aan hulle kinders gee, of laat gee, nie.

Daar is nou geleentheid om kommentaar te lewer op die voorgestelde BELA Wetgewing (Basic Education Law Amendments Bill). Doen dit gerus deur DEARSA: https://dearsouthafrica.co.za/bela-bill-2022/. Onthou om met die gewete van die wetgewers te praat (Rom. 2:15-16) – stel duidelik wat God sê.

En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here. (Efe. 6:4)