Onthou om kommentaar te lewer teen ICASA se voorgestelde biometriese wetgewing

Kommentaar sluit vanaand 24h00 (11 Mei). Hierdie wetgewig kan teëgestaan word op die webblad van Dear SA.

ICASA wil selfoonnetwerkoperateurs verplig om uiters sensitiewe persoonlike inligting soos vingerafdrukke, gesigsherkenning en o.a retina skanderings by selfoongebruikers te verkry. Dit word voorgehou, onder ‘n moontlike valse voorwentsel, dat dit die diefstal van selfoonnommers sal beperk.

Daar is egter vele probleme met sulke maatreëls. Hierdie inligting kan ook deur kapers en regerings misbruik word. Soos voorheen gerapporteer, lei hierdie tipe maatreëls maklik tot onregmatige beheer en die verlies van Godgegewe regte. Die Suid-Afrikaanse regering het dit alreeds duidelik gemaak dat hulle die COVID inentingsdatabasis permanent wil behou en dit ook wil uitbrei om ‘n mobiele gesondheidsrekord te word. So ‘n gesondheidsrekord (inentingspaspoort) word dan die instrument van beheer, ‘n nuwe soort pasboek – waar toegang tot dienste, winkels en selfs kerkbyeenkomste verbied kan word gegrond op jou mediese rekords.