Daar is net ‘n paar uur oor voor die 30 dae COVID ramptoestand verstryk. Nuwe, drakoniese gesondheidsregulasies was voorgestel met die doel dat dit in plek sal wees sodra die 30 dae transisie periode oor is. Die voorgestelde regulasies is in die geheel sinneloos en onprakties. Daar is baie teenkanting teen die voorgestelde gesondheidsregulasies – Afriforum, NEASA en sakeliga het reeds voorberei om die regering die stryd in die hof aan te sê.
Alhoewel baie mense met opwinding wag om van hul maskers ontslae te raak, kan baie besighede nogsteeds hul eie toegangsvereistes afdwing. In sulke gevalle, sovêr moontlik, kan mens darem met jou voete stem. Nog ‘n vraag is hoe die onlangse vloed ramptoestand hierdie situasie beïnvloed.
Verskeie bronne berig egter dat daar later vandag (of laat vanaand) nuwe regulasies aangekondig sal word. Dit is ook moontlik dat die regulasies oor ‘n paar dae aangekondig kan word, alhoewel dit die regering nog meer dwaas sal laat lyk.