Resep: Pasta slaai

Bestanddele:

  • 1 pak pasta (500 gram) – skroefies of skulpies
  • 1 groen soetrissie, in klein blokkies gekap
  • 1 ui, fyn gerasper of gekap
  • 250ml tamatiesous
  • 125ml asyn
  • 125ml sonneblomolie
  • 200ml witsuiker
  • 25ml matige kerriepoeier
  • ‘n paar druppels Tabascosous
  • knypie peper

Metode:

Kook die pasta tot al dente volgens die instuksies op die pak. Dreineer en laat eenkant om af te koel terwyl jy die ander bestanddele voorberei. Meng alles goed saam en verkoel in die yskas voordat dit bedien word. Hierdie resep kan die vorige dag gemaak en oornag in die yskas gehou word.