FAUCI, REX

In 1644 skryf die Skotse Presbiteriaanse Predikant, Samuel Rutherford, sy boek – Lex, Rex. Die titel, Lex,Rex is in Latyn – dit beteken “die Wet is Koning.” Die stelling was drasties. Voor Rutherford se boek was dit meer algemeen om eerder te dink “Rex, Lex” – die Koning is wet.

In Lex, Rex het hy geargumenteer dat die Koning, of Regeringshoofde, ónder die wet is – hulle is nie ‘n wet tot hulself nie. Rutherford se boek was monumentaal omdat dit ‘n groot invloed op westerse politieke en regsfilosofie gehad het. Die wet kon Koning wees omdat daar ‘n Wetgewer was. Die Verenigde State van Amerika en meeste westerse lande het baie soortgelyke beginsels toegepas – niemand is bo die wet nie.

Maar die weste (tesame met meeste ander lande) is nou al twee jaar in wat kan beskryf word as ‘n gesondheids-staatsgreep – ‘n onregmatige wetsvergryp in die naam van publieke gesondheid. Covid komitees met buitengewone magte is gestig en het soos ‘n trojaanse perd die verdediging van lande binnegedring. Hierdie komitees is nie onderhewig aan die normale parlementêre prosedures nie. In die nimmereindigende ramptoestand regeer hierdie mense amper net soos hul wil. Hulle is bo die wet – medici soos Fauci is die bepaler van die wet, of hy dink dit behoort so te wees:

In die VSA het ‘n hof onlangs bevind dat die CDC se masker mandaat onwettig is. Die hof is natuurlik reg, maar Fauci is verras en teleurgesteld. FAUCI, die CDC en alle soortgelyke COVID liggame wil bo die wet wees.

FAUCI, REX.