Hillsong – nog ‘n skandaal

Die beroemde Hillsong kerke se skandale hou net nie op nie.

Hillsong is deel van die pinkster/charismatiese beweging – die Hillsong kerk was deel van die Australian Christian Churches, wat weer deel is van die internasionale Assemblies of God. Die Hillsong kerk is veral bekend vir hul wêreldse musiekstyle – baie Hillsong liedere word reg oor die wêreld in verskeie denominasies gebruik.

Die stigter, Brian Houston, is onlangs uit die Hillsong denominasie verdryf na verskeie skandale aan die lig gekom het. Dit is na vele ander leiers in Hillsong gemeentes die afgelope paar jaar aan seksuele misdrywe skuldig bevind is. Brian se Pa, Frank Houston, was in die jaar 2000 ook skuldig bevind – verskeie jong seuns was in die 1960’s en 70′ deur Frank mishandel en gesodomiseer.

‘n Volledige berig oor Brian Houston is op Prostestia.com