Kanada: Tim Stephens se kriminele aanklagte is laat vaar

Net soos James Coates is hy laas jaar gearresteer omdat hy saam met sy gemeente te midde van COVID inperkings vergader het op ‘n Sondag. Hy is predikant by ‘n Gereformeerde Baptiste Kerk in Alberta Kanada – Fairview Baptist Church.

Stephens was eers twee dae in die tronk, maar daar was ‘n administratiewe fout gemaak met die oorhandiging van dokumentasie. Die gemeente se gebou was toe afgeseël deur die regering. Daarna het hy en die gemeente ondergronds getrou bly vergader. Die polisie het hom en sy gemeente gevolg en dopgehou waarna hy toe by sy huis weer gearresteer is. Hy het toe twee weke in die tronk spandeer.

Die predikant het geargumenteer dat die regering se COVID inperkings onregmatig is, dat Christus die Hoof van die Kerk is en dat die samekoms van gelowiges nie afgestel kan word nie. Volgens hom en baie ander gelowiges het die regering basies die plek van God ingeneem:

…die staat is nou die nuwe god, waar alles onder die beheer en beskerming van die staat kom, so die kerk en die gesin word nou gesien as ‘n deel van die regering. Die regering kan kom – soos ons gesien het in die laaste paar jaar – en beheer wie in jou huis kan kom of nie, hoe jy aanbid in die gemeente, hoeveel mense mag aanbid by die erediens, wat jy aantrek wanneer jy by ‘n erediens is.

Daar is geen bewustheid dat die kerk en die gesin afsonderlike instellings is van die staat nie. Die kerk en die gesin behoort vry te wees om die mag van die regering te beperk. Wat ons nou sien is hierdie anti-christelike vooroordeel – ons sien kulturele marxisme, ons sien ‘n oplewing van sosialisme – ‘n kommunistiese dryf, waar jy nie God oor ons kan hê nie, want wanneer God oor ons is, dan hou dit ons almal verantwoordbaar, almal onder dieselfde Wet. Dus het ons nou die regering wat soos die koning optree en ons het die wetenskaplikes en die dokters wat nou die priesterdom van ons tyd is – hulle buig hulle knieë vir die god van wetenskap wat dan openbare beleid bepaal. So het ons ‘n verandering van “god” gesien en ons het ‘n verandering omdat die Woord van God nie meer die fondament van die samelewing is nie. Dit is besig om ‘n kultuur van dood en diskriminasie te kweek. So as die Eerste Minister sê dat ons diskriminasie wil stopsit, wel wat ons sien is nog meer spanning tussen minderheidsgroepe, tussen etniese groepe, ons sien aborsie, meer genadedood – al hierdie dinge gebeur omdat ons ons Christelike oorsprong en fondasie verlaat het.

Tim Stephens 1

Hy moes later hierdie week in die hof verskyn, maar ten spyte van pogings deur die aanklaer om buite die hof te skik het Stephens nie toegegee nie. Die kriminele aanklagte is nou laat vaar. “En nadat hulle nog dreigemente bygevoeg het, aangesien hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie, het hulle ter wille van die volk hulle losgelaat, want almal het God verheerlik oor wat gebeur het” (Hand 4:21).

Rebel news het twee dae gelede ‘n insiggewende onderhoud met hom gevoer – luister gerus hier>